Euro-2016: Moskou maak beswaar
- Jun 16, 2016
- 1 min read

Intussen het die Russiese ministerie van buitelandse sake Frankryk se ambassadeur na Moskou ontbied om beswaar te maak teen die aanhouding van meer as 40 Russiese sokkerondersteuners wat tydens die naweek se geweld by die Euro-2016 toernooi in hegtenis geneem is.
Die owerhede in Moskou het aan die ambassadeur gesê dat enige verdere aanhitsing van wat hulle noem anti- Russiese sentimente, 'n negatiewe impak op betrekkinge tussen die twee lande kan hê.
Rusland is beboet en gewaarsku dat hy uit die toernooi geskop kan word, nadat Russiese ondersteuners Engelse ondersteuners by die wedstryd in die Franse stad Marseille bestorm het.

























Comments