Euro-2016: Ondersteuners bots met gereg in Lille
- Jun 16, 2016
- 1 min read

Minstens 36 mense is in die Franse stad Lille in hegtenis geneem na skermutselings tussen die Franse polisie en sokkerondersteuners by die Euro 2016-toernooi.
Die Franse polisie sê 16 mense is beseer en word in plaaslike hospitale behandel.
Die polisie het gisteraand traanrook gebruik by die stad se treinstasie in 'n voorval waar meestal Engelse sokkerondersteuners betrokke was.
Die groep ondersteuners het glo die polisie met bottels bestook.

























Comments