top of page

Bob Hewitt rig versoekskrif aan Hof

  • Jun 16, 2016
  • 1 min read

Die veroordeelde verkragter en destydse tenniskampioen, Bob Hewitt, sal na verwagting Maandag in die Hooggeregshof in Johannesburg verskyn om 'n versoekskrif aan die Konstitusionele Hof te rig.

Dit volg na sy vonnis van ses jaar tronkstraf vir die verkragting van twee meisies terwyl hy in die tagtigerjare hulle afrigter was. Die Appèlhof het sy appèl teen sy vonnis van die hand gewys.

Hewitt is daaraan skuldig bevind dat hy twee van die tieners verkrag en 'n derde een seksueel aangerand het. Die slagoffers was sy tennisleerlinge in die tagtiger-en negentigerjare.

Sy regsverteenwoordiger, Johan Engelbrecht, sê hulle sal ook vra vir borgtog hangende die versoekskrif.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page