Geweld bars los by betogings in Parys
- Jun 15, 2016
- 1 min read

Meer as 40 mense is beseer en 73 in hegtenis geneem terwyl die Franse polisie en betogers in Parys slaags geraak het. Betogers is gekant teen die hervorming van arbeidswetgewing.
Die polisie het betogers met waterkanonne en traanrook uiteengejaag. Dit volg nadat honderde gemaskerde betogers die polisie met voorwerpe bestook het. Sowat 30 polisiebeamptes is onder die beseerdes.
Die protesoptrede volg te midde van die wêreld se fokus op Frankryk wat die gasheer vir die Euro2016-sokkerkampioenskap is. Die toernooi is ook gekenmerk deur gevegte tussen ondersteuners.
Die staking is die jongste in maande van arbeidsonrus wat lug- en treinvervoer ook ontwrig het. Brandstof het opgeraak en vullisverwydering in die Franse hoofstad is gestaak.

























Comments