Oscar: Welsynorganisasie verteenwoordiger getuig
- Jun 14, 2016
- 1 min read

'n Verteenwoordiger van 'n welsynsorganisasie sal vandag getuig in die vonnisoplegging van die paralimpiese atleet, Oscar Pistorius in die Pretoriase Hooggeregshof.
Die getuienis is deel van 'n poging om Pistorius se moontlike vonnis van 15 jaar te verminder.
Sy regsverteenwoordiger, Barry Roux het gister aangedui dat hy slegs twee getuies sal roep om ter strafversagting te getuig. 'n Sielkundige, Jonathan Scholtz het gister getuig dat Pistorius aan post-traumatiese stres lei.
Die veroordeelde voormalige atleet se skuldigbevinding is verlede jaar in die Appèlhof van strafbare manslag na moord aangepas.
Pistorius het op 14 Februarie 2013 sy vriendin, Reeva Steenkamp, in sy huis in Pretoria doodgeskiet.

























Comments