Orlando-aanval : Geen bewyse van opdrag van terreurnetwerk
- Jun 14, 2016
- 1 min read

President Barack Obama van Amerika sê daar is geen bewyse dat die man wat 49 mense in 'n nagklub in Orlando in Florida doodgeskiet het, dit in opdrag van 'n terreurnetwerk gedoen het nie.
Obama sê dit wil voorkom asof die 29-jarige Omar Mateen deur ekstremistiese inligting op die internet geïnspireer is. Hy het gepraat nadat hy deur die direkteur van die FBI, James Comey op hoogte gebring is.
Drie-en-vyftig mense is beseer in die aanval Sondag, terwyl Mateen deur die polisie doodgeskiet is.

























Comments