top of page

5 sterf in nóg ’n ongeluk

  • Jun 14, 2016
  • 1 min read

Vyf mense is Sondagaand in 'n ongeluk op die pad tussen Kamanjab en Ruacana in 'n ongeluk dood. Dit bring die totaal van slagoffers van padongelukke van die afgelope naweek op 17 te staan. Volgens die koördineerder van misdaad in die Kunenestreek, adj.komm. Rudolf Kanyetu, het 'n sedanvoertuig en 'n bakkie Sondagaand trompop gebots. Die slagoffers is die bestuurder van die sedanvoertuig, J. Ngurundu (31) en 'n 44-jarige burger van Botswana wat Namibië besoek het, Karoro Kandukozombo, asook passasiers Jogbeth Karamata (59) en 'n ongeïdentifiseerde man wat vermoedelik 'n pastoor is. Hulle het op die toneel gesterf. Adelheid Tjizire (40), 'n passasier in die bakkie, is ook op die toneel oorlede. Paulus Mbaroro (46), Dina Tjiurutue (25) en Jazakongumbi Mbaroro (28) is in 'n hospitaal opgeneem.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page