Nog ’n skip soek na vlugopnemers
- Jun 13, 2016
- 1 min read

’n Tweede skip met gespesialiseerde soektoerusting sal vandag begin soek na die vlugopnemers van EgyptAir se vlug MS804.
’n Franse vlootskip het ’n sein van een van die twee opnemers op 1 Junie gehoor.
Egipte het nou ’n tweede soekskip, van Deep Ocean Search, betrek wat sonartoerusting en ’n onderwatervoertuig het.
Vlug MS804, ’n Airbus A320-232, het verlede maand vermis geraak op pad van die Charles de Gaulle-lughawe in Parys na Kaïro, Egipte.

























Comments