Massaskietery in VSA was terreur – Obama
- Jun 13, 2016
- 1 min read

Die aanval op die propvol gay nagklub hier vroeg Sondagoggend was 'n aanval op ''alle Amerikaners'', het pres. Barack Obama Sondagaand tydens 'n nuuskonferensie gesê.
Onderbesoekbeamptes wat die Pulse-nagklub hier fynkam vir leidrade, se gedagtegang is kort-kort onderbreek met die gelui van selfone van diegene wat doodgeskiet is en wie se lyke nog in die nagklub is.
Obama het in sy nuuskonferensie gesê die Orlando-skietery is 'n herinnering aan hoe maklik dit is om wapens in die hande te kry om mense by skole, plekke van aanbidding, in teaters en by nagklubs dood te skiet. "Ons moet besluit of dit die soort land is wat ons wil wees. En om aktief níks te doen nie, is ook 'n besluit."
In wat beskryf word as die noodlottigste massa-skietery nóg in die VSA, is 50 mense doodgeskiet en 53 gewond. Die aanvaller het op mense in die klub losgebrand en daarna van die klubgangers gyselaar gehou. Die polisie het die klub drie ure later bestorm en die skieter is in die voorval doodgeskiet.

























Comments