Londen vier koningin se verjaardag
- Jun 13, 2016
- 1 min read

Met ’n straatpartytjie voor Buckingham-paleis, honderde Britse vlae en ’n klein prinses wat die kollig gesteel het, is koningin Elizabeth II se 90ste verjaardag amptelik die naweek in Londen gevier.
Vreugdevure het al Vrydag begin brand toe die koningin en ander lede van die Britse koningsgesin ’n dankseggingsdiens in die St. Paul-katedraal bygewoon het.
Die hoogtepunt vir baie was die jaarlikse Trooping of the Colour-plegtigheid wat Saterdag op Horseguard-parade gehou is en wat tradisioneel as haar majesteit se verjaardagviering gesien word.
Die hele Britse koningsgesin, asook 1 500 offisiere, en meer as 300 perde het aan die militêre parade deelgeneem. ’n Geskatte 15 000 mense het die seremonie bygewoon.

























Comments