‘Ali! Ali!’ sing skare terwyl stoet ry
- Jun 13, 2016
- 1 min read

Meer as 100 000 ondersteuners van die bokslegende Muhammad Ali het Vrydag langs die paaie gestaan en “Ali” en “die kampioen” gedreunsing terwyl Ali se begrafnisstoet deur die stad beweeg het.
Die begrafnisstoet het om 09:00 (15:00 Suid-Afrikaanse tyd) van A.D. Porter & Sons-begrafnisdienste vertrek op pad na die Cave Hill-begraafplaas waar hy in ’n private seremonie begrawe is.
Die roete deur Louisville is dieselfde roete wat Ali in 1960 gevolg het toe hy ’n Olimpiese goue medalje van Rome huis toe gebring het.
Die begrafnisstoet het verby die huis waar hy grootgeword het, beweeg. Die voortuin van die huis is nou vol blomme en briefies van ondersteuners.

























Comments