Zuma en NVG doen aansoek om appèl
- Jun 10, 2016
- 1 min read

President Jacob Zuma en die Nasionale Vervolgingsgesag doen vandag in die Hooggeregshof in Pretoria aansoek om appèl teen die hof se beslissing in April dat die president tereg moet staan op honderde strafregtelike aanklagte.
'n Volbank regters het bevind dat die NVG se besluit om 783 aanklagte teen Zuma te laat vaar, irrasioneel was en hersien moet word.
Die DA sê die party sal buite die hof betoog omdat die appèlaansoek 'n mors van belastingbetalersgeld is. Die party het 'n uitgerekte hofstryd teen die NVG se besluit gevoer.

























Comments