‘Horings dié van gestroopte renoster’
- Jun 10, 2016
- 1 min read

Die ministerie van die omgewing en toerisme het ontken dat twee renosterhorings wat in die besit van ’n Namibiër en twee Zambiërs gevind is, van ’n onthoornde renoster in die Etosha Nasionale Park afkomstig is. "Ons rekords toon dat die twee renosterhorings nie gesteel is nie en nie aan enige onthoornde renoster gekoppel is nie. Die DNS-ontleding koppel die twee horings aan ’n renoster wat in 2016 in Etosha gestroop is," lui ’n verklaring wat gister (9 Jun) deur die ministerie uitgereik is. Dit volg ná genl.maj. James Tjivikua, adjunk- inspekteur-generaal van operasies van die Namibiese polisie, eergister in die Etosha Nasionale Park gesê het "twee renosterhorings is in die besit van ’n Namibiese burger en twee Zambiërs deur die Zambiese owerheid tydens hul inhegtenisneming gevind". Die ministerie meen dit is van alle waarheid ontbloot. Voorts lui die verklaring dat die ministerie die nasie verseker dat dit verbind is tot die beskerming van wildlewe, renosters ingesluit.

























Comments