top of page

Vier doodgeskiet in Tel Aviv

  • Jun 9, 2016
  • 1 min read

Die Israelse polisie sê twee Palestynse mans het in die stad Tel Aviv vier mense doodgeskiet.

Dertien ander mense is ook in die middestad gewond. Die twee aanvallers in pakke klere, het by 'n restaurant losgetrek.

In beeldmateriaal van die veiligheidskameras kan gesien word hoe mense weghardloop terwyl tafels en stoele omgestamp word.

Die polisie sê hulle het twee neefs in hul twintigs aangekeer. Een van hulle is gewond. Die mans kom glo van 'n dorpie naby die stad Hebron, wat sedert die einde van verlede jaar `n sentrum vir probleme was.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page