top of page

Terreur: ‘Die terro’s kom vir SA – glo dit’

  • Jun 9, 2016
  • 1 min read

Die Amerikaanse ambassade in Pretoria sê hy sal voortgaan om met die Suid-Afrikaanse regering saam te werk oor die waarskuwing van moontlike terreuraanvalle in die land gedurende Ramadan.

Dit volg na 'n versekering deur president Jacob Zuma dat Suid-Afrika met Amerika sal saamwerk oor alle veiligheidskwessies.

Hy het ook verseker dat betrekkinge tussen die twee lande gesond is. Die president het vroeër met die sekuriteitsgroepering oor die kwessie vergader.

'n Woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, Cynthia Harvey sê daar is geen verandering in die status van die veiligheidswaarskuwing nie en dat hulle hul inligting as geloofwaardig beskou.

Amerika het die naweek gewaarsku dat aanvalle op winkelsentrums in Johannesburg en Kaapstad kan voorkom.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page