Onthoornde renosterhorings gesteel
- Jun 9, 2016
- 1 min read

Drie verdagtes is vas nadat hulle met twee horings betrap is van 'n renoster wat in 2014 in die Etosha Nasionale Park onthoorn is.
Dié bevestiging kom van genl.maj. James Tjivikua, adjunk- inspekteur-generaal van operasies van die Namibiese polisie, gister in die Etosha Nasionale Park. Ander suksesse wat volgens hom tydens die voortgaande teenstropery-operasie, Yesa Ongava, van die vierde fase vanaf Maart tot Junie behaal is, is agt mense wat in hegtenis geneem is in verband met verskeie klagte verwant aan renosterstropery en dergelike misdade. Voorts is 12 vuurwapens in gebiede aanliggend aan die park gekonfiskeer en vir ballistiese toetse gestuur.

























Comments