top of page

Xaris-saak hervat

  • Jun 8, 2016
  • 1 min read

Arandis Power (Pty) Ltd het ’n aansoek by die hoërhof ingedien dat die toekenning van die tender aan Xaris Energy (Pty) Ltd vir die ontwikkeling van 'n krag­opwekkingsaanleg hersien en ter syde gestel moet word.

Die aansoek is teen NamPower, die president, die kabinet, die minister van myne en energie, Xaris en Sino­hydro Corporation Limited ingedien. Arandis Power het alternatiewelik aansoek gedoen dat die besluit van Nam­Power om Xaris as die voorkeurbieër aan te stel, hersien en tersyde gestel word. Arandis Power moet gevolglik as die voorkeurbieër aangestel word om die tender op dié basis te finaliseer. Die hof is ook versoek om ’n kostebevel te maak teen enige respondente wat die aansoek teenstaan. In die dringende aansoek wat in Februarie vanjaar deur Arandis Power by die hoërhof ingedien is, het sy besturende direkteur, mnr. Ezio Vernetti, in sy beëdigde verklaring gesê die maatskappy is gestig met die doel om ’n termiese kragstasieprojek te ontwikkel wat deur swaar brandstofolie gedryf word en die kapasiteit van 120 MW het.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page