Polisie skiet studente in Papoea-Nieu-Guinee
- Jun 8, 2016
- 1 min read

Volgens berigte is vier studente dood en sewe ander gewond toe regeringsowerhede in Papoea-Nieu-Guinee op hulle losgebrand het.
Die studente het van hul kampus na die parlement opgeruk waar 'n mosie van wantroue teen die premier, Peter O'Neill ingedien is.
Hulle eis dat hy sy pos ontruim oor bewerings van korrupsie. O'Neill ontken skuld.
Studentebetogings gaan voort en daar is oral tekens van groeiende onrus.

























Comments