Mensesmokkelaar uit Soedan aan Italië uitgelewer
- Jun 8, 2016
- 1 min read

'n Man van Eritrea wat daarvan verdink word dat hy 'n grootskaalse mensesmokkel-netwerk bestuur, is uit Soedan aan Italië uitgelewer.
Italiaanse aanklaers sê Mered Medhanie is die leier van een vaie belangrikste misdaadgroepe wat in sentraal Afrika en Libië werksaam is om duisende migrante na Europa te smokkel.
Talle migrante gaan tydens bootritte oor die Middellandse-see dood, maar Medhanie het volgens berigte in 'n afgeluisterde telefoonoproep gelag oor die noodlottige oorlading van bote.
Hy is op 24 Mei deur die Soedanese polisie in Khartoun in hegtenis geneem. Hy sal in Italië teregstaan in verband met die dood van sowat 259 mense in die suide van Sicilië in Oktober 2013.

























Comments