‘Ek’s jul kandidaat’ – Hillary aan jubelende ondersteuners
- Jun 8, 2016
- 1 min read

Die Withuis in Amerika sê President Barack Obama het Hillary Clinton gelukgewens nadat sy die vereiste getal afgevaardigdes gekry het om die Demokratiese Party se benoeming as presidensiële kandidaat te verseker.
Clinton het vroeër die voorverkiesings in die state New Jersey en New Mexico gewen om haar voorsprong bo die senator van Vermont, Bernie Sanders te verstewig.
Volgens die Withuis sal Obama môre met Sanders vergader. Daar is gister voorverkiesings in ses state gehou.
Clinton sê haar benoeming is 'n geskiedkundige oomblik vir vroue.

























Comments