top of page

VSA bekommerd oor toename in geweldaddige ekstremisme wêreldwyd

  • Jun 7, 2016
  • 1 min read

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake sê dié land se regering is bekommerd oor die toename in geweldaddige ekstremisme wêreldwyd.

'n Woordvoerder, Elizabeth Trudeau het gereageer op die land se waarskuwing dat terreuraanvalle op Amerikaanse toeriste en ander buitelanders in Johannesburg en Kaapstad kan voorkom. Sy sê die waarskuwing dat terreuraanvalle deur die I.S.-groep tydens Ramadan kan voorkom by winkelsentrums, is deel van die VSA se beleid om inligting te bekend te maak om sy burgers te beskerm. Trudeau sê Amerika werk nou saam met plaaslike owerhede waar terreurdreigemente voorkom.

Intussen het Suid-Afrikaanse kenners gesê die waarskuwings moet ernstig opgeneem word. Brittanje en Australië het hulle inwoners vroeër ook gewaarsku om waaksaam te wees as hulle Suid-Afrika besoek. Albei lande het hulle reisadvies aangepas ná die Amerikaanse waarskuwing.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page