NV hervat vandag sy werksaamhede
- Jun 7, 2016
- 1 min read

Die Nasionale Vergadering hervat vanmiddag sy sitting.
Die enigste punt op die sakelys is die hervatting van die oorweging van strategieë van die ministerie van die omgewing en toerisme. Volgens ’n woordvoerder van die Nasionale Vergadering, mnr. David Nahogandja, sal die Nasionale Vergadering ook eersdaags begin om oorweging te skenk aan die wysigingswetsontwerp op teenkorrupsie, die gewysigde drankwet, en die wet op sake- en intellektuele eiendom. Die Nasionale Vergadering het op Donderdag 28 April verdaag. Tydens die reses het parlementslede die geleentheid gehad om ’n nasionale seminaar by te woon oor die Verenigde Nasies se konvensie op die uitwissing van alle vorms van diskriminasie teen vroue (Cedaw) en die implementering daarvan in Namibië.

























Comments