Geingob nie betrokke by Air Nam-aangeleentheid
- Jun 7, 2016
- 1 min read

Pres. Hage Geingob se kantoor het gister gesê die president is geensins direk of indirek betrokke by die voorval waarin me. Jacqui Dadford se kontrak na bewering nie deur Air Namibia hernu is nie, oor ’n bloutjie wat sy met die stigter van die Kora-toekennings, mnr. Ernst Adjovi, geloop het.
Mnr. Albertus Aochamub, die woordvoerder van die president se kantoor, het in ’n verklaring gesê daar was geen mondelinge, geskrewe of enige ander interaksie tussen president Geingob en Adjovi en die waarnemende besturende direkteur van Air Namibia, advokaat Mandi Samson, oor die aangeleentheid nie. Hy het gesê pres. Geingob is op rekord dat hy alle partye betrokke by die nou rampspoedige Kora-toekennings in kennis gestel het dat hulle nie sy naam op enige manier aan die toekennings mag koppel nie en dat geen staatsgeld vir hierdie toekennings beloof is nie.

























Comments