top of page

SA: Haaigetalle besig om af te neem

  • Jun 3, 2016
  • 1 min read

Navorsing dui daarop haaigetalle aan die Suid-Afrikaanse kus besig is om af te neem. Dit is veral tierhaaie, swartpunt-rifhaaie en Zambezihaaie wat die ergste deurloop.

Die bewaringsgroep, Silence of the Sharks is besig om klem op die noodsaaklike rol van haaie in die see te plaas. Die groep sal Saterdag `n onder water-protesoptrede aan die KwaZulu-Natalse suidkus hou.

Die protesoptrede is in die aanloop tot die internasionale dag vir oseane op 8 Junie. Die groep se verteenwoordiger, Olivia Symcox sê dit is die eerste keer dat so `n optrede net vir duikers gehou word. Hulle sal tussen tien en twintig meter diep aan die protesoptrede deelneem.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page