Die Louvre gesluit weens oorstromings
- Jun 3, 2016
- 1 min read

Die wêreld se besigste kunsmuseum, die Louvre, in Parys, is vir die publiek gesluit weens oorstromings wat deur dae se swaar reën veroorsaak is.
Die Seine-rivier wat deur die Franse hoofstad verby die museum loop , het met vyf meter bo sy normale vlak gestyg. Volgens die BBC is die Seine na die swaar reën op sy hoogste vlak in 15 jaar.
Die museum sal gesluit bly sodat die personeel kunswerke kan verskuif.
'n Deel van die ondergrondse pendeltreinnetwerk is ook gesluit. In die suide van die land is 'n dorp oorstroom en honderde mense is gedwing om hulle huise te verlaat.
Swaar reën in Europa het die lewens van minstens tien mense geëis, meestal in Duitsland.

























Comments