top of page

Angola skuld redery miljoene

  • Jun 3, 2016
  • 1 min read

Air Namibia is een van die rederye wat ernstig deur die valutakrisis in Angola geraak word aangesien die buurland se sentrale bank nie oor genoeg buitelandse reserwes beskik om dié redery se inkomste oor te betaal nie.

Adv. Mandi Ellaine Samson, waarnemende besturende direkteur van Air Namibia, het by die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) se jaarvergadering in Dublin, Ierland, aan Republikein gesê Angola skuld die nasionale redery miljoene Namibiese dollar aangesien Air Namibia weier om die betaling in kwanza te ontvang. Luanda in Angola was tot onlangs een van Air Namibia se gewildste roetes aangesien Angolese Namibië druk besoek het vir besigheid, inkopies en selfs om mediese dienste te ontvang.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page