top of page

Seine gekry van rampvliegtuig se vlugopnemer

  • Jun 2, 2016
  • 1 min read

Die Egiptiese owerheid sê 'n Franse skip het seine opgespoor wat vermoedelik van die vlugopnemers van die vliegtuig van EgyptAir afkomstig is, wat verlede maand in die Middellandse See neergestort het.

Ondersoekbeamptes sê die seine het van die seebodem in die soekgebied af gekom.

Die Airbus 320 met 66 mense aan boord het twee weke gelede tydens 'n vlug tussen Parys en Kaïro verdwyn. Dit het oënskynlik van die Griekse en Egiptiese radarskerms verdwyn sodat 'n noodsein uitgestuur is.

Volgens die Britse Uitsaaikorporasie is dit van die uiterste belang dat die vlugdata-en kajuitstem opnemers opgespoor word.

Die Franse Vlootvaartuig wat die sein opgespoor het, sal aanstaande week vergesel word van 'n spesialisvaartuig met robotte aan boord wat tot drieduisend meter kan duik.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page