Langste treintonnel ingehuldig
- Jun 2, 2016
- 1 min read

Europese leiers het 'n historiese treinrit meegemaak om die opening van die wêreld se langste treintonnel onderdeur die Switserse Alpe te vier.
Die Gotthardtonnel is 57 kilometer lank en het 17 jaar teen 'n koste van meer as 180 miljard rand geneem om te bou.
Switserland sê dit sal lei tot 'n rewolusionere benadering vir vragvervoer in Europa.

























Comments