top of page

Begunstigdes seëvier in Rössing-pensioensaak

  • Jun 2, 2016
  • 1 min read

’n Geskatte 10 000 mense word geraak deur die oorwinning wat aansoekers gister teen ’n besluit oor die herverdeling van ’n surplus van sowat N$450 miljoen aan lede van die Rössing-pensioenfonds behaal het.

Die aansoek is deur 75 voormalige lede ingedien. Regter Shafimana Ueitele het bevind dat die verandering wat aan die pensioenfonds se reëls aangebring is om die bykomende geld te herverdeel, onregmatig gedoen is. Beide die fonds en Rössing het reeds verlede jaar en in Februarie vanjaar tydens die verhoor erken dat die besluit oor die toekenning en verspreiding van die surplusgeld dié van Rössing was, maar het ontken dat sodanige besluit ’n oortreding van die pensioenfonds se reëls was.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page