Kenia gaan vlugtelingkampe sluit
- Jun 1, 2016
- 1 min read

Die Keniaanse regering sê hy beplan om alle vlugtelingkampe in die land teen die einde van die jaar te sluit. Dit volg na`n verslag van `n regeringstaakmag.
Die grootste vlugtelingkamp in Kenia, die Dadaab-kamp, huisves bykans 300-duisend Somaliërs.
Van die bykans 600-duisend vlugtelinge is al 25 jaar in die land.
Die Keniane sê hulle sal met die VN en die Somaliese regering saamwerk om die vlugtelinge te repatrieer.

























Comments