top of page

Indië: Meer as tweeduisend-200 met MIV besmet

  • Jun 1, 2016
  • 1 min read

Indië se nasionale Vigsbeheerorganisasie het bekendgemaak dat meer as tweeduisend-200 van sy burgers in die afgelope 17 maande die dodelike MI-virus opgedoen het tydens bloedoortappings in hospitale.

Die Organisasie het die syfers bekendgemaak in reaksie op 'n versoekskrif wat deur die inligtingsaktivis, Chetan Kothari, bekendgemaak is.

Ingevolge wetgewing moet hospitale bloedskenkers en bloedprodukte toets vir MIV, hepatitis B en C, asook malaria en ander infeksies.

Kothari sê die rede vir die infeksie is omdat die koste van die toetse duur is en verskeie hospitale in Indië nie toegang het tot laboratoriumgeriewe nie.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page