Sonkrag kom Swakop toe
- May 31, 2016
- 1 min read

’n Nuwe fotovoltaïese sonkragaanleg word tans by die Trekkopje-uraanprojek sowat 45 km noordoos van Swakopmund gebou.
Dié belegging van N$110 miljoen is onlangs deur mnr. Vito Nardi, die uitvoerende hoof van Italiaanse hernubare energie-ontwikkelaar Enertronica, op die kusdorp bekend gestel. Die ontwikkeling is die eerste fase en sal vyf megawatt elektrisiteit kan verskaf.
Volgens Nardi is die nodige goedkeuring reeds verkry om die projek uit te brei sodat dit 27 MW kan lewer. Die kragkoopooreenkoms met onder meer NamPower moet nog gefinaliseer word. Uiteindelik sal die projek ook krag aan die ontsoutingsaanleg noord van Wlotzkasbaken verskaf.

























Comments