Vonnisoplegging in Zephany-saak begin
- May 30, 2016
- 1 min read

Die vonnisoplegging begin vandag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof in die saak van die vrou wat daaraan skuldig bevind is dat sy Zephany Nurse 19 jaar gelede ontvoer het.
Die 51-jarige vrou van Lavender Hill is skuldig bevind op drie aanklagte teen haar; ontvoering, bedrog en die oortreding van gedeeltes van die Kinderwet.
Nurse is uit die Groote Schuurhospitaal ontvoer toe sy drie dae oud was. Daar word verwag dat sy self sal getuig ter strafverswaring, wanneer die Staat sy saak stel.
Die tiener, wie se identiteit deur 'n hofbevel beskerm word, het verlede maand haar 19de verjaardag gevier.

























Comments