top of page

Seun val in hok, gorilla doodgeskiet

  • May 30, 2016
  • 1 min read

Die besluit van Amerikaanse dieretuin-amptenare in die stad Cincinnati om 'n gorilla dood te skiet nadat 'n vierjarige seun in sy hok geval het, het groot woede ontlok en vrae laat ontstaan oor veiligheid by die dieretuin.

Die seun het deur 'n versperring geval en in die hok beland, waar die gorilla hom gegryp en gesleep het. Daar word verwag dat die kind sal herstel.

Die direkteur van die dieretuin in Cincinnati, Thayne Maynard, het die besluit verdedig om nie net die gorilla te verdoof nie. Hy sê die dier was omgekrap en die verdowingsmiddel sou ook nie dadelik begin werk het nie.

Meer as 50-duisend mense het 'n petisie onderteken het dat die kind se ouers aanspreeklik gehou moet word omdat hulle nie voldoende toesig oor die seun gehou het nie.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page