top of page

Aanvallers slaan noord en suid

  • May 30, 2016
  • 1 min read

’n Dag nadat ’n bejaarde man wreed op ’n kleinhoewe buite Otavi aangerand en vir dood agtergelaat is, is ’n geliefde en bekende inwoner van Karasburg in sy huis oorval, verwurg en beroof.

Die 81-jarige mnr. Alec Kriel van Otavi word in Tsumeb vir ernstige kopbeserings behandel, terwyl die 63-jarige mnr. Tillian Walters van Karasburg in ’n koma in ’n hospitaal in Kimberley, Suid-Afrika opgeneem is waar hy om sy lewe veg.

Walters is Woensdag omstreeks 09:00 deur sy broer Andrew in sy huis gevind waar hy vasgebind in sy kamer gelê het. Volgens sy broer is die vermoede dat Tillian, die eienaar van ’n drankwinkel en slaghuis op Karasburg, reeds Dinsdagaand in sy huis oorval is. Hy was ten tyde van die voorval alleen tuis, omdat sy vrou op besoek aan Suid-Afrika was.

Volgens Andrew moes Tillian Woensdag na Upington reis.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page