Namibië gasheer vir ACP-EU parlementêre sessie
- May 27, 2016
- 1 min read

Namibië is volgende maand die gasheer van ’n gesamentlike parlementsitting van lidlande van die Europese Unie (EU) en Afrika, die Karibiese eilande en lande wat aan die Stille Oseaan grens (ACP).
Die byeenkoms word gesamentlik deur die EU- en ACP-parlement gereël en sluit ook vergaderings van drie parlementêre portefeuljekomitees in.
Die ACP-EU gesamentlike parlementêre sittings is tot stand gebring weens ’n gemeenskaplike begeerte om verkose verteenwoordigers van die Europese gemeenskap, oftewel lede van die Europese parlement, en verkose verteenwoordigers van ACP-lidlande wat die Cotonou-ooreenkoms onderteken het, byeen te bring.
Ingevolge die ooreenkoms is die gesamentlike sitting ingestel om saam te werk ten einde armoede uit te wis en volhoubare groei en die integrasie van ACP-lande in die wêreldekonomie te verseker.

























Comments