top of page

Huis Palms inbraak - nasionale speurhoof maak vuur onder Walvisbaai speurtak

  • May 26, 2016
  • 1 min read

Die Namibiese Polisie op Walvisbaai het ‘n amptelike navraag van die Polisie Hoofkwartier in Windhoek ontvang, oor vordering wat daar gemaak word met die ondersoek na ‘n reeks inbrake by die Huis Palms tehuis vir bejaardes op Walvisbaai.

Daar is spesifiek uitgevra oor die inbraak by die bejaarde mnr Hans de Jager se woonstel, waar ingebreek is terwyl hy op sterwe in ‘n hospitaal in Windhoek verkeer het. Meneer de Jager is op 5 Januarie vanjaar oorlede, sonder die wete dat hy dae voor sy dood rot en kaal gesteel is. Huisware, ‘n skoot-rekenaar, kameras en ‘n selfoon is by hom gesteel.

Die amptelike navraag is deur Kommisaris du Toit, die bevelvoerende offisier waaronder alle speurtakke landswyd resorteer, uitgereik en aan die bevelstruktuur van die Namibiese Polisie in Erongo op Walvisbaai gerig.

Daar is ook by monde van twee bronne bevestig dat die Teenkorrupsie Eenheid op Swakopmund ook navrae gerig het, aangesien daar vrae is waarom hierdie saak reeds vir die afgelope vyf maande sloer. Hoewel daar vingers na twee verdagtes wys, is nog geen optredes gemaak nie.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page