Hillary Clinton voldoen nie aan beleid oor hou van rekords
- May 26, 2016
- 1 min read

Die Amerikaanse departement van binnelandse sake se inspekteurgeneraal het bevind dat die presidentskandidaat, Hillary Clinton nie aan die agentskap se beleid oor die hou van rekords voldoen het nie.
Die oudit het bevind dat Clinton en ander voormalige ministers van buitelandse sake hul e-pos en ander elektroniese inligting swak bestuur het. Hulle het ook stadig gereageer op nuwe kuberuitdagings.
Clinton word lankal daarvan beskuldig dat sy `n privaat e-posstelsel by haar huis gebruik het toe sy die minister van buitelandse sake was.
Die verslag is saamgestel na onderhoude met die huidige minister, John Kerry, en voormalige ministers soos Madeleine Albright, Colin Powell en Condoleeza Rice. Blykbaar wou Clinton nie met die ondersoek saamwerk nie. Clinton hou vol dat sy geen wet oortree het nie, maar erken dat die privaat e-posstelsel nie die beste keuse was nie.

























Comments