top of page

Nog 'n bergklimmer sterf op Everest

  • May 23, 2016
  • 1 min read

'n Indiese bergklimmer is die derde persoon wat die afgelope paar dae op die Berg Everest dood is.

Dit volg ná die nuus dat 'n Suid-Afrikaans-gebore vrou en 'n Nederlandse klimmer die naweek op Everest dood is.

Die Indiese man is oornag dood terwyl Sherpa-gidse hom by die berg afgehelp het. Twee klimmers in sy groep word ook vermis.

Die 34-jarige Maria Strydom is vroeër die naweek met die afkomslag van die berg dood. Sy is in Suid-Afrika gebore, maar woon in Australië. Strydom se dood is deur die Monash-universiteit in Melbourne bevestig waar sy `n lektor is.

Vrydag is die Nederlandse bergklimmer, Eric Arnold dood nadat hy die kruin bereik het. Hy en Strydom was in dieselfde groep.

Strydom het hoogtesiekte opgedoen en het die reis onderneem om te bewys dat vegetariërs Everest kan baasraak.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page