Huis Palms oorweeg uitbetaling
- May 23, 2016
- 1 min read

Die Raad van Direkteure van die Huis Palms tehuis vir bejaardes op Walvisbaai het sy versekeraar beopdrag om 'n uitbetaling van nagenoeg N$100 000 aan die boedel van wyle mnr. Hans de Jager te oorweeg.
Dit is die boedel van die bejaarde man by wie se woonstel daar vroeg in Januarie vanjaar op die perseel van die ouetehuis op Walvisbaai ingebreek is, en dit terwyl hy op sterwe in 'n hospitaal in Windhoek gelê het. De Jager se verliese as gevolg van die inbraak is sowat N$100 000.
Die voorval, en nog vir soortgelyke beweerde voorvalle van inbrake, het wye reaksie uitgelok en stel die bestuur en Raad van Huis Palms se vermoëns ernstig onder verdenking.

























Comments