Zuma: Besoek aan Katar 'n hupstoot
- May 20, 2016
- 1 min read

Die Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma het intussen sy besoek aan Katar en ander Golfstate in die Midde-Ooste bestempel as 'n reuse hupstoot vir diplomatieke pogings om direkte buitelandse belegging te lok wat uiters belangrik is vir Suid-Afrika se ontwikkeling en werkskepping.
Zuma is terug in die land ná 'n besoek aan Katar. Bilaterale handel tussen Suid-Afrika en Katar word op sowat 7-miljard rand beraam. 'n Samewerkingsoreenkoms is tussen die twee lande se ministers onderteken oor kwessies soos verdediging, polisie asook kuns en kultuur.
Zuma sê groter handel met die golfstreek beteken dat die regering sy doelwit kan bereik om met nuwe markte sake te doen.

























Comments