Tweede ontvoerde Chibok meisie gevind
- May 20, 2016
- 1 min read

Die Nigeriese weermag sê 'n tweede skoolmeisie wat meer as twee jaar gelede deur die militantegroep Boko Haram in die Nigeriese dorp Chibok ontvoer is, is gevind.
'n Woordvoerder van die weermag, Sani Usman sê die tiener, Serah Luka was deel van 'n groep van 97 vroue en kinders wat gister tydens 'n weermag-operasie in die Borno-staat gered is.
Die weermag sê 35 Boko Haram vegters is tydens die operasie doodgemaak, en die weermag het beslag gelê op vuurwapens en ammunisie. Dit volg twee dae nadat die eerste van die ontvoerde skoolmeisies van Chibok, Amina Ali Nkeki gered is.
Die militantegroep het in 2014 219 tienermeisies by hulle hoërskool in die noordooste van Nigerië ontvoer. Volgens die weermag word 217 van die meisies steeds vermis.

























Comments