top of page

Terreuraanval dalk rede vir EgyptAir-vliegtuig se verdwyning

  • May 20, 2016
  • 1 min read

Franse owerhede poog om uit te vind of daar 'n sekerheidsbreuk by die lughawe in Parys was, terwyl 'n grootskaalse soektog voortgaan na die Egiptiese vliegtuig wat gister oor die Middellandse See vermis geraak het.

Die vliegtuig was vroeg gisteroggend van Parys na Kaïro oppad met 66 passasiers en bemanningslede aan boord, toe hy van die radar verdwyn het.

Veiligheidsmaatreëls by die lughawe in Parys is verskerp en hersien na verlede jaar se terreuraanvalle in die stad. Beamptes wat Woensdagaand aan diens was toe die vliegtuig vertrek het, is reeds ondervra.

Franse ondersoekbeamptes en 'n tegniese adviseur van Airbus het na Kaïro vertrek om Egiptiese owerhede by te staan. Spanne van Griekeland, Frankryk en Brittanje help ook met die soektog. Bronne in Egipte sê dit is meer waarskynlik dat die vliegtuig weens 'n terreurdaad neergestort het, as weens 'n meganiese fout.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page