top of page

!Noabeb 40 jaar tronk toe

  • May 20, 2016
  • 1 min read

Die man wat ’n jong vrou in 2013 op Arandis met ’n mes dood­gesteek en haar liggaam onder ’n hoop rommel versteek het, is in die hoërhof ’n effektiewe vonnis van 40 jaar tronkstraf opgelê.

Charles !Noabeb (30) het die 22-jarige me. Cintha Robertha Gaeses tussen 28 en 29 Maart 2013 altesaam 29 keer met ’n skerp voorwerp in haar rug en in haar nek gesteek. Na die moord het hy vir Gaeses van haar selfoon beroof en haar liggaam tot by ’n hoop rommel gesleep. Hy het al die rommel bymekaar geskraap en gebruik om haar liggaam te versteek.

Die lyk van die jong vrou is deur leerders in die veld naby die Kolin-stigting se senior sekondêre skool gevind. Erge ontbinding het toe reeds ingetree. !Noabeb is op 3 April 2013, ’n paar dae ná die moord, in hegtenis geneem.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page