top of page

WGO waarsku Zika-virus kan versprei

  • May 19, 2016
  • 1 min read

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het gewaarsku dat die Zika-virus tydens die Noordelike halfrond se somer na dele van Europa kan versprei.

Die virus word deur muskiete versprei, en word met kleinskedeligheid by pasgebore babas verbind. Die virus is reeds in meer as 50 lande aangemeld.

Die WGO sê die virus kan moontlik plaaslik oorgedra word in die swartseekusstreke van Rusland en Georgië, sowel as die Portugese eiland Madeira. Dit is die streke waar die tipe muskiet wat met die virus verbind word, voorkom.

Lande met 'n matige risiko sluit Frankryk, Spanje, Italië en Griekeland in. Die hoof van die WGO, Margaret Chan sê egter hulle sal mense nie ontmoedig om die gebiede te besoek nie.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page