Passasiersvliegtuig verdwyn oor Middellandse See
- May 19, 2016
- 1 min read

'n Amptenaar van die Egiptiese lugdiens EgyptAir sê hulle vermoed die vermiste vlug MS804 het in die Middellandse See neergestort.
Die Airbus 320 met 66 mense aan boord was van Parys na Kairo onderweg toe dit vermis geraak het. Vroeër is berig dat daar 69 mense aan boord van die vliegtuig was.
Die Egiptiese koerant die Ahram berig dat die laaste kontak met die vliegtuig gemaak is sowat tien minute voordat dit van die radar verdwyn het en daar was geen noodroep van die vlieënier nie.
'n Soektog na die vliegtuig is intussen begin. Die Franse departement van Buitelandse Sake ondersoek ook die voorval.

























Comments