top of page

Chinese vas ná beweerde omkopery

  • May 19, 2016
  • 1 min read

Twee Chinese burgers is tydens ’n lokval vasgetrek toe hulle na bewering probeer het om twee van die Bank of Namibia (BoN) se amptenare om te koop.

Volgens die BoN het die twee Chinese in Februarie N$1,7 miljoen by ’n handelsbank inbetaal en hulle wou dieselfde dag die geld na China stuur. Die sentrale bank het onraad vermoed en die transaksie ingevolge Namibië se valutabeheerregulasies bevries.

Vroeër die maand het die Chinese die BoN genader om uit te vind waarom die geld bevries is. Toe hulle hoor dat die sentrale bank nie die geld sal laat oorplaas nie, het hulle na bewering aan twee senior amptenare elk N$10 000 aangebied om die geld “los te maak”, lui die verklaring.

Die amptenare het dit gerapporteer waarna die BoN saam met die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) ’n lokval gestel het. Die twee mans het die geld oorhandig terwyl die ACC die bewyse daarvan bekom het.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page