1 van ontvoerde skoolmeisies gevind
- May 19, 2016
- 1 min read

Een van die Nigeriese meisies wat in April 2014 by Chibok deur Boko Haram ontvoer is, is gevind.
Sy is die eerste van bykans 200 meisies wat gevind is. Die voorsitter van die Chibok-ouervereniging, Hosea Abana Tsambido sê `n patrollie het haar gevind en na Chibok geneem.
Die inwoners en haar ouers het bevestig dat sy een van die meisies is. Sy is nou aan die weermag in Damboa oorhandig.

























Comments