R1,5 Miljard vir droogte in Suider-Afrika
- May 17, 2016
- 1 min read

Die Internasionale Rooikruis het een-komma-vyf miljard rand bewillig aan 'n inisiatief om droogtegeteisterde lande in Suider-Afrika by te staan.
'n Geraamde 32 miljoen mense in die streek het nie genoegsame voedsel nie en dié syfer sal na verwagting teen die einde van die jaar tot 50 miljoen styg.
Die organisasie sê hy beplan om 'n miljoen mense te help met noodvoedselverspreiding, besproeiingskemas en nuwe boerderypraktyke.
Suid-Afrika het verlede week gesê sy winter-koringoes vir 2015 het met 18 persent gedaal teenoor die vorige jaar en die land sal vir sowat 60 persent van sy behoeftes koring moet invoer.

























Comments