top of page

Miljoene rol vir stigting

  • May 17, 2016
  • 1 min read

Die eerste dame van Namibië, me. Monica Geingos, het Saterdagaand haar 1 Economy-stigting met ’n swierige geld­insamelingsdinee by Ramatex in Windhoek bekend gestel.

Die stigting, wat die gaping tussen ryk en arm in Namibië moet vernou, het dié aand meer as N$6 miljoen ingesamel en die volle steun van welaf Namibiërs, gelei deur pres. Hage Geingob, gekry.

Namibia Media Holdings (NMH),Republikein se moedermaatskappy, het ook N$1 000 geskenk vir elke stem vir die Dorp van die Jaar-kompetisie­ wat dié aand voor nege-uur ontvang is.

Benewens die beloftes van miljoene dollar, is Geingos se trourok vir N$111 000 opgeveil, asook ’n foto van haar tradisionele ­troujuwele (N$16 000) en ’n geraamde foto van Geingob se hand wat die Namibië-teken wys (N$60 000). Minstens 1 200 toegangskaartjies is vooraf teen N$1 500 elk verkoop.


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • RSS Social Icon
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

SWAKOPMUND ON 107.7 FM

&

WALVIS BAY ON 106.9 FM

West Coast FM Tagline

 © 2016 - West Coast FM 

bottom of page